Rjoerik

Rjoerik
Grootprins van Nowgorod

Periode 864 - 879
Voorganger Geen
Opvolger Oleg
Huis Rjoerik
Moeder Oemila
Gebore c. 830
Oorlede c. 879
Die Warangiërs in Rusland.

Rjoerik, Rurik of Hroerekr (Oudnoors: Rørik; Russies: Рюрик) was 'n Warangiër (Wiking) wat in 862 oor Ladoga (tans Staraja Ladoga) begin heers het. Daarna het hy die Holmgard-vesting naby Nowgorod gebou en die Rjoerik-dinastie gestig wat tot in die 16de eeu oor Kiëf-Roes en daarna Rusland regeer het. Die naam Rjoerik beteken "beroemde heerser". Sy presiese geboorte- en sterfdatum is nie bekend nie, maar die jaartalle 830 en 879 word dikwels genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search